Showing posts with label tweede. Show all posts
Showing posts with label tweede. Show all posts

Dag 2: middagete

Nou wat op die aarde is dit hierdie? Mindful eating? Eating like a bird?

Die binnekant van my mond is nie so seer as wat ek verwag het nie, maar my tande is seer. Hierdie bejaarde tande is nie lus om enigsins êrens heen te skuif nie. Ek kan nie byt nie, en ek kan nie kou nie. Middagete is net so lank, ek moet kou en sluk! Hierdie tande het egter 'n heel ander idee. Elke happie word piepklein gesny en saggies en stadig gekou en heel ingesluk.

Dit is nie net seer nie, dit voel ook baie snaaks. Elke kou is 'n versigtige, bewuste, onseker kou.

Gelukkig het ek Maandag, die idee in my kop gekry om boontjies en wortels saam met aartappels fyn te kook en te "mash". Dit eet heelwat makliker as wat 'n gewone middagete van geblansjeerde groente sou geëet het.

Dag 2

Woensdag, 31 Maart,

My mond is nie so stukkend en seer as wat ek gedink het nie. Die eelte van skooldae doen seker hul ding ;-). Ek het egter wel vanoggend 'n ewigheid spandeer om die was op al die harde, krapperige hakies en draadjies te sit.

Tandeborsel vat nou ekstra lank. Ek het sommer besluit om nou, terwyl my mond anders voel, die linkerhand te leer tandeborsel... Hierdie linkerhand is egter baie dom. Daarna, kom die gesukkel met die was. Kyk om 'n klein stukkie was om 'n skerp draadjie se punt, of 'n hakie te draai is glad nie maklik nie. Die klein stukkie word later 'n groot stuk. Die groot stuk land in die wasbak en dan is dit van vooraf sukkel. En ek is nie die knap ortodontis nie - my hande is te groot vir my mond.