Koekbak

Ek KAN bak, of in elk geval ek kon toe ek jonger was. Ek is nou nie ‘n bakster of kok wat resepte sal uitdink, of uit my kop uit bak nie, maar gee my ‘n resep en ek sal ‘n groot sukses daarvan maak. Die eerste keer word die resep tot op die letter nagevolg. Ek weier om ‘n nuwe resep te probeer as ek nie AL die bestanddele het nie. Na die eerste “op die letter navolg” van die resep sal ek dit aanpas of daarmee eksperimenteer.

Tog, ek kan die teleurstellings onthou – daardie dae wat ek in ‘n goeie bui is, baie lus is vir ‘n spesifieke gereg, en ‘n resep volg wat ek al voorheen met groot welslae gebak het. En tog, en tog is dit een groot reguit-asblik-toe-nie-eers-die-miere-wil-dit- hê-nie flater. Ek is teleurgesteld, in trane en huil die heel tyd terwyl ek die skottelgoed was. Ek sê vir myself, ek gaan nooit weer koek bak nie. Ek is hartseer, ongelukkig en teleurgesteld. Almal om my is vies vir my. Hulle probeer grappies maak of rede in my kop in praat, sodat ek tog nou net verstaan dit is nie so erg nie. Hoe harder hulle probeer om my teleurstelling weg te praat, hoe meer ongelukkig word ek. Ek kan net nie oor my ongelukkigheid kom nie, totdat hulle almal ophou, of ek myself in my kamer gaan toesluit.

Na, ek myself vasgehou het en my hart uitgesnik het, begin ek beter voel en kan ek terugskouing hou – waar het wat verkeerd gegaan? Gewoonlik kan ek nie “pin point” presies wat verkeerd gegaan het nie, alhoewel soms kan ek. Gewoonlik is dit egter meer vaag. Ek het die resep “for granted” geneem en nie gefokus op waarmee ek besig was nie. Die radio was hard aan, dalk het ek êrens ‘n rekenfout gemaak, ‘n mate verkeerd geneem, of te gou ‘n nuwe bestanddeel by geklits. Dalk, het ek ‘n bestanddeel uitgelaat. Ek kan nie my vinger op die presiese fout le nie, maar die oorsaak was dat ek te opgewonde was en nie mooi gekonsentreer het nie.

Of, dalk, het my ma in die kombuis gekom en iets wat ek gedoen het gekritiseer. Ek wou my vererg en teëstribbel, maar ek het besluit om eerder die vrede te bewaar, en het stilgebly. Ek het my energie gebruik om die kritiek binne te hou en nie die pyn te voel nie. Ek het dus nie gevloei in die skeppingsproses nie, ‘n mate verkeerd geneem, ‘n rekenfout gemaak, ‘n bestanddeel uitgelaat of te gou bygevoeg. Ek kan nie die presiese fout bepaal nie, maar die oorsaak was dat ek my energie elders gefokus het, en nie in die skepping gevloei het nie.

Hierdie naweek was ek teleurgesteld tydens ‘n interaksie met ‘n vriend. Terugskouend kan ek sien hoe die hele proses van ‘n flater bak homself uitgespeel het. Ek was opgewonde en het uitgesien na die kuier. Ek is gekritiseer, maar in plaas daarvan om dadelik in opstand daarteen te kom, het ek stilgebly en die teleurstelling van die kritiek binne gehou. Ons het gekuier, maar die vorige goeie tye vanselfsprekend aanvaar en nie mooi gefokus op wat in die nou besig is om te gebeur en daarvolgens te vloei nie. Die resultaat was ‘n teleurstellende flater. My onmiddellike reaksie is om te huil, maar ek word dadelik vertel ek mag nie huil nie, kom net oor dit, grappies word gemaak om my aandag van die teleurstelling af te trek en ek word gesê ek is verkeerd om teleurgesteld te voel. Dit is verkeerd om te voel ek wil myself in ‘n kluister opsluit en nooit weer enige vriende naby my toelaat nie.

Uiteindelik het dit aand geword en ek kon in my bed lê en my hart uitsnik. Die volgende dag kon ek terugkyk en terugskouing hou. Waar het dit verkeerd gegaan? Wat het ek verkeerd gedoen? Dit is nie so eenvoudig, om my vinger te lê op… “hy het…” “ek het…” Ek kan sien dat daar ‘n interaksie tussen ons plaasgevind het. Hy het uit sy bagasie opgetree, ek het uit my bagasie reageer. My verhoudings patrone is vasgelê. Soms voel dit vir my asof dit in klip uitgekap is en ek nooit daaruit kan ontsnap nie.

Tog, een patroon is al verander… ek kan terugkyk en nie net in woede die ander party blameer en nie, maar met nuuskierigheid daarna kyk en sien watter verhoudings patroon ek in hierdie situasie uitgeleef het.

Ek weet ek sal ‘n manier moet vind om nie kritiek te ignoreer, of die teleurstelling of onregverdigheid daarvan te onderdruk nie…



Copyright: 2012, by Lorraine Joubert, All Rights Reserved
Homepage
The end of suffering - To be a blessing to myself!

Happy New Year!

May you in 2012:

• Learn what relationships are really about, and uncover the hidden land mines we bring to our partnerships.
• Learn what you need to know, and what you can do to improve your chances for finding and keeping love.
• Work on the things in yourself that need to be changed in order to have the partnership you yearn for.
• Be willing and able to work to achieve deep and lasting love.
• Transcend the cultural myth that intimate relationships just magically happen, once you find the right person.
• Be committed to becoming, rather than looking for, or changing the right person.
• Be committed to changing those parts, which are preventing you from succeeding in creating an intimate partnership.


Happy Imago year!