Erens in my agterkop is daar herinneringe van draadjies wat stywer getrek word en alles waaraan ek reeds gewoond geraak het, wat weer van vooraf seer is.
Wel, daar is geen omdraaikans nie. Die draadjies is in my mond en vandag is die opvolg afspraak. Ek stap ewe dapper en nonchalant die spreekkamer binne. Die ontvangsdame herken my dadelik (wel ek is seker die enigste blanke wat Dr. Esra by die Lister mediese sentrum besoek). Ek is verbaas oor die baie volwasse vrouens wat daar sit en spog met porselein en metaal in hul monde.
Gou-gou is dit my beurt. Die ortodontis loer vinnig in my mond. Ek kla oor die gaping tussen my voortande (ek wil ‘n reguit ry tande hê en NIE soos Madonna lyk nie). Hy verseker my dit is net tydelik, vyl die tande kleiner, deel opdragte aan die assistant uit en gaan met ‘n grappie na die volgende pasiënt.
Die assistant begin met haar “arts and crafts” in my mond. Eers is dit metaalwerk met ‘n tang, wat sy baie flink hanteer. My tande is egter nie beïndruk nie. Hulle stuur pyn boodskappe aan my brein in protes teen die knap behandeling wat hulle ontvang. Net toe ek begin wonder of ek nie maar tog uit my keel uit mag vloek nie (sy sal tog nie ‘n Afrikaanse vloekwoord agter uit ‘n keel uit
Wel, terug werk toe. My mond is toe nie so seer nie! Verniet het ek al die soppe bymekaar gemaak…
Nou vir die “moral of the story.” Soms verwag ek die ergste en dan is dit nie so erg nie. Wanneer ek vir myself wil goed wees, is daar soms pyn aan verbonde. Soms moet ek toelaat dat ander my seer maak, sodat ek my doel
No comments:
Post a Comment